Samoaanse nasionale rugbyspan

Samoa
Unie Rugby Samoa (RS)
Bynaam(e) Manu Samoa
Embleem die Suiderkruis
Stadion Apiapark, Apia
Kapasiteit 12 000
Afrigter(s) Vlag van Samoa Mahonri Schwalger (sedert 2024)
Kaptein(s) Michael Alaʻalatoa
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Brian Lima (65)[1]
Meeste toetspunte Tusi Pisi (245)[2]
Meeste drieë Brian Lima (29)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Wes-Samoa 0–6 Fidji Vlag van Fidji
(Apia, Samoa; 18 Augustus 1924)
Grootste oorwinning
Vlag van Samoa Samoa 115–7 Papoea-Nieu-Guinee Vlag van Papoea-Nieu-Guinee
(Apia, Samoa; 11 Julie 2009)
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 101–14 Samoa Vlag van Samoa
(Nieu-Plymouth, Nieu-Seeland; 3 September 2008)
Wêreldbeker
Verskynings 9/10 (Eerste in 1991)
Beste uitslag Kwarteindrondte in 1991 en 1995
Amptelike webwerf
www.manusamoa.com

Die Samoaanse nasionale rugbyspan (Engels: Samoa national rugby union team; Samoaans: Manu Samoa) is die nasionale rugbyspan wat Samoa in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Samoa geadministreer deur Rugby Samoa (Lakapi Samoa) wat in 1924 gestig is. Samoa word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Die Samoaanse rugbyspan is tans (Oktober 2023) 15de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Die span neem deel aan die jaarlikse Stille Oseaan Nasiesbeker, saam met Fidji, Japan en Tonga. Samoa was ’n lid van die Stille Oseaan-eilande Rugbyalliansie (Engels: Pacific Islands Rugby Alliance; PIRA), saam met Fidji en Tonga; maar hulle het in 2009 hulself onttrek.[5]

Samoa het in 1924 sy eerste internasionale wedstryd teen Fidji gespeel. Samoa, Fidji en Tonga speel gereeld teen mekaar in toernooie soos die Stille Oseaan-nasiesbeker (tot in 2005 Stille Oseaan-drienasies), waarin Samoa tot dusver 14 titels gewen het. Samoa se bynaam is Manu Samoa en hulle speel tradisioneel in blou truie met wit broeke. Om die opponent te intimideer en hulself te motiveer word voor elke toetswedstryd die Siva Tau-oorlogsdans deur die Samoaanse span uitgevoer. Dié oorlogsdans dateer uit die land se oorloë met naburige eilande.[6]

Samoa het tot dusver vir nege van die tien rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer en net die Rugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland misgeloop. In 1991 en 1995 het hulle daarin geslaag om tot die kwarteindrondte deur te dring. Sedertdien vaar Samoa nie meer so goed in die Wêreldbeker nie. Twee voormalige Samoaanse rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 10 Oktober 2023.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 10 Oktober 2023.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 10 Oktober 2023.
  4. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 10 Oktober 2023.
  5. (en) "We quit: SRU". Samoa Observer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2012. Besoek op 20 Februarie 2012.
  6. (en) "Rugby History in Fiji". Teivovo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2007. Besoek op 14 November 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy