Samsung Groep

Samsung Groep
Samseung Geurup
삼성그룹


Tipe Konglomeraat
Gestig 1938
Hoofkantoor Samsung Town, SeoelRepubliek van Korea
SleutelpersoneLee Kun-hee (voorsitter en hoof uitvoerende beampte)
Lee Soo-bin (president, hoof uitvoerende beampte van Samsung Life Insurance)
Gebied bedienwêreldwyd
IndustrieKonglomeraat
ProdukteVerbruikerselektronika, skeepsbou, telekommunikasie, siviele ingenieurswese en boubedryf, chemiese produkte, kleinhandel, kleding
DiensteFinansiële en geneeskundige dienste
Inkomste305 miljard VSA-$ (2014)
Netto inkomste22,1 miljard VSA-$
Werknemers320 671 (2017)[1]
Dogter-
maatskappye
Samsung Electronics
Samsung Life Insurance
Samsung Fire & Marine Insurance
Samsung Heavy Industries
Samsung C&T
Samsung SDS
Samsung Techwin en ander
Webwerfsamsung.com

Samsung (Koreaans: Drie Sterre) is die grootste konglomeraat (Koreaans: Chaebeol) in Suid-Korea, wat met sy meer as 489 000 werknemers ten opsigte van omset (meer as 305 miljard VSA-dollar in 2014) tans die grootste onderneming in die inligtingstegnologiebedryf is. Volgens sy markwaarde (meer as 77 miljard VSA-dollar in laat 2005) het dit ook tot die vyf grootste ondernemings ter wêreld behoort, met dogtermaatskappye in 58 lande.

Samsung Electronics, die grootste vervaardiger van televisietoestelle en selfone ter wêreld, is die vlagskiponderneming van Samsung Groep. Volgens beramings van die Amerikaanse marknavorsingsonderneming Gartner het Samsung Electronics in 2017 sowat 321 miljoen selfone verkoop.[2]

Samsung betaal in Suid-Korea meer as 46 miljard ZAR belasting (sowat agt persent van die staatsinkomste) en lewer met al sy dogtermaatskappye sowat 'n vyfde van die land se uitvoere op. Die onderneming oefen sodoende beslissende invloed op Suid-Korea se ekonomiese ontwikkeling, politiek, mediabedryf en kulturele lewe uit. Samsung was een van die drywende kragte agter die sogenaamde "Wonder aan die Hanrivier", die uitvoergerigte ekonomiese beleid wat van Suid-Korea binne enkele dekades ná die Korea-oorlog (1950-1953) een van die mees gevorderde nywerheidslande ter wêreld gemaak het.

Samsung het van 'n beskeie begin as klein handelsonderneming in die voedselbedryf, wat in 1938 gestig is, tot een van die belangrikste globale maatskappye gegroei, met sakebelange wat van hoëtegnologie en halfgeleiers, petrochemiese nywerhede, die vervaardiging van geneesmiddels, mode, finansies en die hotelbedryf tot die bou van wolkekrabbers en nywerheidsaanlegte strek.[3] Die huidige voorsitter van Samsung is Lee Kun-hee. Samsung se inkomste in 2019 is $305 miljard, in 2020 is $107+ miljard, en in 2021 is dit $236 miljard.

  1. Samsung South Africa - Facts & Figures: Key Stats, Data and More. Besoek op 10 Februarie 2019
  2. Handelsblatt, 25 Februarie 2018: Das kann Samsungs Kamera mit Telefonanschluss. Besoek op 6 Mei 2018
  3. www.samsung.com: About Samsung. Besoek op 8 Maart 2015

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy