San Marino Grand Prix

Vir die Grand Prix wat hierdie een opgevolg het op Imola, sien Emilia-Romagna Grand Prix.

Die San Marino Grand Prix (Italiaans: GP di San Marino) was 'n Formule Een motorwedren wat van 1981 tot 2006 in Italië plaasgevind het. Die Grand Prix is op die "Autodromo Enzo e Dino Ferrari" naby die dorp Imola en die Apennineberge in Italië gehou. Dit is na die nabygeleë staat San Marino genoem omrede daar reeds 'n Italiaanse Grand Prix by Monza gehou word. In 1980, toe Monza opgeknap is, is die Imolabaan gebruik vir die 51ste Italiaanse Grand Prix.

Sedert 2020 word die Emilia-Romagna Grand Prix op Imola gehou.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy