Sapfo

Sapfo
’n Borsbeeld met die inskripsie Sapfo van Eressos. Romeinse kopie van die oorspronklike Griekse werk uit die 5de eeu v.C.
Geboreca. 650/610 v.C.
Sterf580 v.C.
NasionaliteitAntieke Griekeland
BeroepDigter
KindersCleis (dogter)

Sapfo of Sappho (Grieks: Σαπφώ) was ’n Griekse liriese digteres wat op die eiland Lesbos gebore is. Sy het gelewe van tussen 630 en 612 v.C. tot omstreeks 570 v.C., maar baie min is vir seker bekend oor haar lewe. Die meeste van haar gedigte, wat in die antieke tyd in ’n groot mate bewonder is en baie bekend was, het verlore gegaan. Haar ontsaglike gewildheid is egter duidelik danksy fragmente wat behoue gebly het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy