Schalk Pienaar (predikant)

Schalk Willem Pienaar
Ds. Schalk Willem Pienaar
Ds. Schalk Pienaar

Naam Schalk Willem Pienaar
Geboorte 8 November 1878
Ceres, Kaapland
Sterfte 4 November 1918
Merweville, Kaapkolonie
Kerkverband Nederduits Gereformeerd
Gemeente(s) Merweville
Jare aktief 1905-1918
Kweekskool Kweekskool, Universiteit Stellenbosch

Ds. Schalk Willem Pienaar (Ceres, 8 November 1878 - Merweville, 4 November 1918) was die eerste leraar van die NG gemeente Merweville, wat ook sy eerste en enigste gemeente was omdat hy daar vier dae voor sy veertigste verjaardag 'n slagoffer van die Griepepidemie geword het.

Schalk Pienaar is in 1904 gelegitimeer aan die Kweekskool op Stellenbosch. In 1907 is hy getroud met Sara Christina (Sarie) Roos, dogter van Gielie Roos van Stellenbosch. Haar broer was die bekende rugbyman Paul Roos. Ds. Pienaar se oudste en jongste susters was getroud met Nicolaas Jacobus Marais, 'n lidmaat van die gemeente Merweville. Nadat die oudste suster oorlede is, het ds. en mev. Pienaar hul dogtertjie Elsje aangeneem. Die oudste suster is blykbaar op 'n plaas in die distrik Laingsburg begrawe en die jongste suster op die plaas Buffelsvlei in die familiekerkhof. Die jongste suster was Cecilia Aletta Marais, gebore 28 Junie 1889 en oorlede 28 Junie 1947.


From Wikipedia, the free encyclopedia ยท View on Wikipedia

Developed by Tubidy