Scuderia AlphaTauri

Pierre Gasly toets 'n AlphaTauri AT01 in 2020 in Barcelona

Scuderia AlphaTauri, voorheen bekend as Scuderia Toro Rosso of die afkorting STR, is 'n Italiaanse Formule Eenwedrenspan. Dit is een van twee F1-spanne wat besit word deur die Oostenrykse energiedrankiemaatskappy Red Bull, die ander is Red Bull Racing. Die benaming is nogal interessant, want Toro Rosso beteken Red Bull in Italiaans.

Dit het sy debuut gemaak in die 2006 Formule Een-seisoen, nadat Paul Stoddard sy oorblywende belang in die Minardi-span aan die einde van 2005 verkoop het aan Red Bull se eienaar, Dietrich Mateschitz. Dié het daarna 'n 50/50 vennootskap gesluit met die voormalige F1-renjaer, Gerhard Berger, voor die begin van die seisoen. Einde November 2008 het Red Bull volle eienaarskap van Toro Rosso bekom na die uitkoop van Berger se aandeel in die span.

Scuderia AlphaTauri funksioneer as 'n juniorspan van Red Bull Racing, met die doel om die vaardighede van belowende renjaers vir die seniorspan te ontwikkel. Sedert 2010 het die span egter onafhanklik van hulle seniorspan deelgeneem.

Vitantonio Liuzzi behaal die span se eerste punt in sy eerste seisoen by die 2006 Verenigde State Grand Prix. Die span se eerste en enigste voorste wegspringposisie, podiumplek en oorwinning is behaal deur die Duitse renjaer Sebastian Vettel by die 2008 Italiaanse Grand Prix.

Vitantonio Liuzzi jaag in Brittanje in 2007

Toro Rosso maak van 2007 tot 2013 gebruik van Ferrari V8-enjins, maar in 2014-2015 gebuik die span Renault V6-turboenjins, a.g.v. die oorname van die kontrak van hul seniorspan wat aan die einde van 2013 na Renault as enjinbouer oorgeskakel het. Sedert 2016 is daar weer 'n Ferrari V6-turboenjin in die Toro Rosso.

Die spanhoof is Franz Tost, voorheen van BMW se motorsportafdeling.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy