Secure Digital

Secure Digital (SD) is 'n nie-vlugtige geheuekaartformaat wat ontwikkel is deur die SD-kaartvereniging (SDA) om in draagbare toestelle te gebruik.

Die standaard is in Augustus 1999 ingestel deur die gesamentlike pogings van SanDisk, Panasonic (Matsushita Electric) en Toshiba as 'n verbetering op MultiMediaCards (MMC),[1] en het die industriestandaard geword. Die drie maatskappye het SD-3C, LLC, gestig, 'n maatskappy wat lisensies uitreik en intellektuele eiendom beskerm wat verband hou met SD-geheuekaarte en SD-gasheer- en verwante produkte.[2]

SanDisk microSDXC-kaart met UHS-I en UHS spoedklas 1-merke
Voorkant van 'n 32 GB Lexar 1000x MicroSDHC UHS-II klas U3
Agterkant van 'n Lexar UHS-II microSDHC kaart, wat die bykomende ry UHS-II verbindings toon.

In Januarie 2000 het die maatskappye saam die SD-kaartvereniging (SDA), 'n nie-winsgewende organisasie, gevorm om SD-kaartstandaarde daar te stel en te bevorder.[3] SDA het vandag ongeveer 1000 maatskappye wat lede is. Die SDA gebruik verskeie handelsmerk logo's (wat deur SD-3C besit en gelisensieer is) om voldoening aan sy spesifikasies en gebruikers van verenigbaarheid te verseker.[4]

Daar bestaan 'n hele aantal kombinasies van vormfaktore en toestelfamilies, maar teen 2016 is die heersende formate vol- of mikrogrootte SDHC en SDXC kaarte.

  1. "Matsushita Electric, SanDisk and Toshiba Agree to Join Forces to Develop and Promote Next Generation Secure Memory Card" (in Engels). DP Review. 24 Augustus 1999. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019. Besoek op 23 Februarie 2016.
  2. "Welcome to SD-3C, LLC" (in Engels). SD-3C. 30 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2019. Besoek op 23 Februarie 2016.
  3. "Matsushita Electric, SanDisk and Toshiba to Form SD Association to Promote Next Generation SD Memory Card" (in Engels). Toshiba. 30 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2019. Besoek op 23 Februarie 2016.
  4. "Using SD Memory Cards is Easy" (in Engels). SD Association. 22 Junie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019. Besoek op 2 Januarie 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy