Shingwedzirivier

Shingwedzirivier
Xingwidzi of Tshingwedzi
Die Shingwedzirivier in die Krugerwildtuin
Die Shingwedzirivier in die Krugerwildtuin
Die Shingwedzirivier in die Krugerwildtuin
Stroomgebied Suid-Afrika en Mosambiek
Oorsprong Oos-suidoos van Thohoyandou
Monding Olifantsrivier
Monding-hoogte 86 m
Ligging van Shingwedzirivier op 'n kaart (Limpopo)
Shingwedzirivier
Shingwedzirivier
Koördinate: 23°5′24″S 31°24′43″O / 23.09000°S 31.41194°O / -23.09000; 31.41194

Die Shingwedzirivier (ook Xingwedzi in moderne Tsonga-ortografie[1]) is 'n rivier in Limpopo-provinsie, Suid-Afrika en Gaza-provinsie, Mosambiek.

Die rivier dreineer die plato aan die suidoostelike kant van die Soutpansberg.[2] Die oorsprong is ongeveer 40 km oos-suidoos van Thohoyandou. Dit vloei in 'n oostelike rigting deur die Laeveld en daarna deur die Krugerwildtuin.[3]

Die Shingwedzi is 'n linkerhand-takrivier van die Olifantsrivier wat 12 km stroomaf van die Massingirdam aansluit by die Olifantsrivier, daarna die Limpopo, voor dit suid draai en uiteindelik by Xai-Xai noordoos van Maputo in die Indiese Oseaan uitmond.[4]

Oorbeweiding en besproeiing langs die rivier het deur die jare erge gronderosie veroorsaak, veral na harde reënbuie.[5]

Die rivierbedding is 'n puik plek om vir Savanne-olifante op die uitkyk te wees, aangesien teeltroppe van 50 tot 60 algemeen hier waargeneem word.[6]

Olifante les hul dors in die rivier in die Krugerwildtuin
  1. Jenkins, Elwyn (2007). Falling Into Place: The Story of Modern South African Place Names. New Africa Books. pp. 97–100. ISBN 9780864866899.
  2. "Environmental Management Framework for the Olifants and Letaba Rivers Catchment area" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Desember 2013. Besoek op 16 Desember 2012.
  3. Luvuvu Lethaba WMA 2
  4. Belangrikste riviere in Suid-Afrika (en)
  5. Shingwedzi River why is it the most polluted river in the KNP?
  6. Shingwedzi Ruskamp – Krugerwildtuin – SANParke (en)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy