Shogi

Aanvanklike opstelling van 'n Shogispel
Shogispel. Gebuite stukke in die deursigtige houer kan op die bord laat 'val" word deur die speler wat die stuk gebuit het.

Shogi (将棋 shōgi?, generaal skaak), ˈʃoʊɡiː, is 'n Japannese tweespelerbordspel in dieselfde familie as Westerse skaak, Chinese Chiangtsi, Indiese tsjatoeranga en Koreaanse janggi. Die hedendaagse vorm van shogi het in Japan ontwikkel en word daarom algemeen Japannese skaak genoem. Dit is die gewildste vorm van 'n familie skaakvariante inheems aan Japan. Shōgi beteken generaal (shō) se bordspel (gi). Vroeër is shogi egter as 象棋 geskryf (dieselfde as chiangtsi, "olifantskaak").

Die vroegste voorganger van die spel, sjatoeranga, het in die 6de eeu in Indië ontstaan en van China na Japan versprei waar dit aanleiding gegee het tot 'n aantal variante. Shogi is reeds in die 16de eeu in sy huidige vorm gespeel. 'n Direkte voorganger van die invalreël is in 1210 in 'n historiese dokument, Nichūreki, aangeteken wat oënskynlik 'n geredigeerde kopie van Shōchūreki en Kaichūreki uit die laat Heian-tydperk (c. 1120) is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy