Skaap

Skaap
'n Kudde skape
Gedomestikeerd
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
O. aries
Binomiale naam
Ovis aries
Linnaeus, 1758

'n Skaap (Ovis aries) is 'n ewehoewige soogdier wat deur die mens makgemaak is om onder andere wol en vleis te lewer.

Dit is 'n herkouer uit die familie Bovidae (herkouers met hol horings), nou verwant aan die bok. 'n Manlike dier word 'n ram genoem, die vroulike 'n ooi en 'n kleintjie 'n lam (mv. lammers).

By wolskape (bv. die Merino), word die wol eenkeer per jaar afgeskeer met 'n handskêr of 'n meganiese skêr. Daarna word die wol op 'n tafel gesorteer en geklas en in bale verskeep na die wêreld se wolmarkte.

Vleisskape en lammers (bv. dorper, dormer, Döhne-merino) word vir hul smaaklike vleis geproduseer; byna die hele geslagde dier is eetbaar en die vel het ook verskeie gebruike, bv. as kledingstukke en vloermatjies.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy