Skildvulkaan

Mauna Loa, 'n skildvulkaan in Hawaii.
'n Skildvulkaan het die vorm van vegter se skild wat plat lê.

'n Skildvulkaan is 'n soort vulkaan wat genoem is na sy lae profiel wat lyk soos 'n vegter se skild wat op die grond lê. Dit word gevorm deur 'n uiters vloeibare lawa (met 'n lae viskositeit of vloeitraagheid) wat vinniger en verder vloei as die vloeitraer, of taaier, lawa van stratovulkane. Herhaalde uitbarstings lei daartoe dat laag op laag breë lawa mettertyd die vulkaan opbou.

Skildvulkane word oral aangetref waar maklik vloeibare lawa met 'n lae silika-inhoud die oppervlak van die aarde bereik. Hulle is egter hoofsaaklik kenmerkend van eilandvulkanisme in die oseaan wat verbind word met warm kolle, of van vulkanisme by kontinentale riwwe.[1] Hulle sluit van die grootste vulkane ter wêreld in, soos die Tamumassief en Mauna Loa.[2]

Reusagtige skildvulkane word op ander planete van die Sonnestelsel aangetref, soos Olympus Mons op Mars[3] en Sapas Mons op Venus.[4]

  1. Schmincke, Hans-Ulrich (2003). Volcanism. Berlin: Springer. pp. 127–128. ISBN 9783540436508.
  2. Witze, Alexandra (5 September 2013). "Underwater volcano is Earth's biggest". Nature. doi:10.1038/nature.2013.13680.
  3. Plescia, J. B. (2004). "Morphometric properties of Martian volcanoes". Journal of Geophysical Research. 109 (E3): E03003. doi:10.1029/2002JE002031.
  4. Keddie, Susan T.; Head, James W. (1994). "Sapas Mons, Venus: evolution of a large shield volcano". Earth, Moon, and Planets. 65 (2): 129–190. doi:10.1007/BF00644896.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy