Slag van Elandsfontein

Slag van Elandsfontein
Deel van die Eerste Vryheidsoorlog

Nasleep van die Slag van Elandsfontein tydens die Eerste Boereoorlog, op die voorgrond is Britse soldate op patrollie, 'n 7-ponder kanon en Britse leëroffisiere.
Datum 16 Januarie 1881
Ligging Elandsfontein, Suid-Afrika
Resultaat
Strydende partye
Vlag van Zuid-Afrikaansche Republiek Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Aanvoerders
Vlag van Zuid-Afrikaansche Republiek Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) "Onbekend" Vlag van Verenigde KoninkrykLt-kol George Frederick Gildea

Vlag van Verenigde KoninkrykKol William Bellairs Vlag van Verenigde KoninkrykLt J.W. Glynn

Ongevalle en verliese
8 gewondes 4 gesneuweldes
6 gewondes

Die Slag van Elandsfontein was 'n militêre veldslag tydens die Eerste Vryheidsoorlog Eerste Boereoorlog wat op 16 Januarie 1881 plaasgevind het. Die veldslag het by Elandsfonteinrif net wes van Pretoria plaasgevind. Tydens die Eerste Boereoorlog was perde noodsaaklik vir die vervoer van voorrade oor die vlaktes van Suid-Afrika. Derhalwe het die Britte baie moeite gedoen met grassnyers vir die produksie van hooi. Tydens 'n ekspedisie om perdevoer in 'n vallei naby Elandsfontein te versamel, is die Britte deur 'n groep Boere opgemerk en aangeval. Die Boere het 'n grassnyer, 'n wa en 'n paar muile gevang. Die meeste van die Britse soldate het ontsnap. Met die oortuiging dat hul aanvallers vanaf 'n Boerelaer by Elandsfontein afkomstig was, is 'n ekspedisiemag op 16 Januarie 1881 na die laer gestuur om Britse oorheersing in die gebied te verstewig of om die kamp heeltemal te vernietig.[1]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named HIR

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy