Slag van Majuba

Slag van Majuba
Slag van Amajuba
Deel van die Eerste Vryheidsoorlog

Die Slag van Majuba, geteken deur Richard Caton Woodville vir die Illustrated London News
Datum 27 Februarie 1881
Ligging Majubaberg, naby Volksrust,
Kwazulu-Natal, Suid-Afrika
Resultaat Deurslaggewende oorwinning vir die Boere
Strydende partye
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk Vlag van Zuid-Afrikaansche Republiek Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal)
Bevelvoerders
Vlag van Verenigde Koninkryk Generaal-majoor Sir George Pomeroy Colley Vlag van Zuid-Afrikaansche Republiek Nicolaas Smit, Stephanus Roos, Danie Malan, Joachim Ferreira
Sterkte
405 infanterie 400-500
Ongevalle
92 dood, 134 gewond, 59 gevangegeneem 2 dood, 6 gewond

Die Slag van Majuba was die laaste van vier militêre botsings tussen Groot-Brittanje en die Boere van Transvaal gedurende die Eerste Vryheidsoorlog (Desember 1880Maart 1881). Dit het op 27 Februarie 1881 plaasgevind. Die klinkende oorwinning – en vernederende neerlaag vir die Britte – wat die Boere behaal het, het die Britte gedwing om Transvaal weer sy vryheid te gee, nadat dit op 12 April 1877 geannekseer is ('n verbreking van die Sandrivierkonvensie van 1852).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy