Snofroe (ook Sneferoe of Snefroe) was ’n Egiptiese farao en die stigter van die 4de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk. Hy is ook bekend onder sy Hellenistiese naam, Soris (deur Manetho). Ramings van die lengte van sy bewind verskil; The Oxford History of Ancient Egypt reken sy bewind was van omstreeks 2613 tot 2589 v.C.,[3] dus 24 jaar, maar volgens ander was dit 30 jaar[4] of 48 jaar.[5]
Hy het minstens drie piramides laat bou wat vandag nog staan en het groot veranderings ingevoer vir die ontwerp en bou van die piramides van Antieke Egipte.
- ↑ Thomas Schneider: Lexikon der Pharaonen. Albatros, Düsseldorf 2002, ISBN 3-491-96053-3, page 278–279
- ↑ A. Dodson & D. Hilton, The Complete Royal Families of Ancient Egypt, Thames and Hudson Ltd: Londen, 2004.
- ↑ Jaromir Malek in The Oxford History of Ancient Egypt, p.87
- ↑ Krauss, R. (1996). "The length of Sneferu's reign and how long it took to build the 'Red Pyramid'". Journal of Egyptian Archaeology. 82: 43–50. JSTOR 3822113.
- ↑ Rainer Stadelmann: Beiträge zur Geschichte des Alten Reiches: Die Länge der Regierung des Snofru. In: Mitteilungen des Deutschen Archäologischen Institutes Kairo (MDAIK), Vol. 43. von Zabern, Mainz 1987, ISSN 0342-1279, p. 229–240.