Solitaire

Solitaire
'n Lugbeeld van Solitaire in 2019
'n Lugbeeld van Solitaire in 2019
Solitaire is in Namibia
Solitaire
Solitaire
Koördinate: 23°53′S 16°0′O / 23.883°S 16.000°O / -23.883; 16.000
LandVlag van Namibië Namibië
StreekKhomas
TydsoneUTC+2 (SAST)

Solitaire is 'n rusplek op die C14-roete naby die dunbevolkte gebied van die Namib-Naukluft Nasionale Park in die suidweste van Namibië. Die dorp het minder as honderd inwoners. Solitaire was vir jare lank die enigste vulstasie tussen die duine van Sossusvlei en die hoofpad na die Namibiese hoofstad, Windhoek. Dit is steeds die enigste petrolstasie tussen Sossusvlei en die kus van Walvisbaai.

By die vulstasie is 'n winkeltjie en 'n restaurant, en meer onlangs is 'n motel geopen. Die motel is opgerig nadat die plek in die Lonely Planet ('n reisgids) opgeneem is en skielik onder toeriste gewild geraak het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy