St. Moritz

St. Moritz
San Murezzan

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Switserland Switserland
 Kanton Groubunderland
 Distrik Maloja
 Koördinate 46°29′N 09°50′O / 46.483°N 9.833°O / 46.483; 9.833
 Stigting -
 Oppervlakte:  
 - Totaal 28,69 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 822 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2010) 5 202
 - Bevolkingsdigtheid 181,3/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Amptelike Webwerf www.stmoritz.ch

St. Moritz (Duitse afkorting van Sankt Moritz, Retoromaans: San Murezzan, ; Frans: Saint-Maurice; Italiaans: San Maurizio) is 'n dorp in Oberengadin in die administratiewe distrik Maloja van die Switserse kanton Groubunderland. St. Moritz is een van die bekendste vakansiedorpe en skioorde in die Alpe en het as die gasheerdorp van die IIde Olimpiese Winterspele in 1928 en die Vde Olimpiese Winterspele in 1948 opgetree. Ondanks sy kosmopolitiese karakter het die dorp net 'n permanente bevolking van sowat 5 200. Die dorp is langs die Innrivier geleë.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy