Stormers (Verenigde Rugbykampioenskap)

Stormers
Stigting 1997 (as Westelike Provinsie)
Ligging Kaapstad
Streek Kaapstad, Kaapse Wynlande, Weskus
Stadion Kaapstad-stadion
Kapasiteit 51 900
Afrigter(s) John Dobson
Kaptein(s) Salmaan Moerat
Ernst van Rhyn
Liga(s) Verenigde Rugbykampioenskap
2021 1ste
Tuiskleure


Weg kleure

Statistiek
Eerste wedstryd
Natal 28 – 22 Westelike Provinsie
(2 Maart 1996)
Grootste oorwinning
Stormers 56 – 18 Lions
(14 Maart 2009)
Grootste nederlaag
Bulls 75 – 14 Stormers
(28 April 2005)
Amptelike webwerf
www.thestormers.com

Die Stormers (weens borgskapredes ook bekend as die DHL Stormers) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat van 1996 tot 2020 aan Superrugby deelgeneem het, en sedert 2021 aan die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Stormers het laasgenoemde toernooi in 2021 gewen, nadat hulle reeds twee keer in die halfeindronde van Superrugby gespeel het, in 1999 en 2004, en een keer in die Superrugbyeindstryd. Die huidige kaptein van die span is Steven Kitshoff.

Die span se basis is in Kaapstad en is gesentreer om die Westelike Provinsie se Curriebekerspan, maar trek ook soms spelers van die Boland (wat die gebiede van die Kaapse Wynlande en die Weskus dek met hul tuiswedstryde in Welllington). In 2005 het die Stormers ook spelers van die Suidwestelike Distrikte in George gebruik, wat beteken het dat hulle spelers van al drie unies in die Wes-Kaap gebruik het. Met die herskikking van die konsessiegebiede wat gevolg het op die uitbreiding van die kompetisie, het die SWD-spelers oorgeskuif na die konsessiegebied van die Southern Spears, wat oorspronklik in 2007 tot die Super 14 sou toetree, maar later onttrek is.

Voor 1998 het Suid-Afrika nie van ’n konsessiestelsel gebruik gemaak vir die Super-12 nie. Die sterkste 4 spanne in die Curriebekerkompetisie is eerder genooi om in die Super-12 te speel. In 1996 het die Stormers gekwalifiseer en deelgeneem in die kompetisie as die Westelike Provinsie. In 1997 het hulle egter nie gekwalifiseer nie en moes plek maak vir die Vrystaat.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy