Stratuswolk

Stratuswolke is lae wolke met 'n eenvormige basis en verskil van cumulus-wolke wat gevorm word deur stygende hitte. Die term stratus word gebruik om te verwys na plat, newelagtige, vormlose wolke wat op 'n lae hoogte voorkom. Dit wissel  tussen donker grys tot byna wit in kleur. Die woord "stratus" kom uit Latyn en die voorvoegsel "strato-" beteken "laag". Stratuswolke kan ligte motreën  of ligte sneeu veroorsaak. Hierdie wolke is eintlik 'n laag mis wat bo die grond is en wat veroorsaak word deur oggendmis wat opstyg of wanneer koue lug op 'n lae vlak oor 'n gebied beweeg. Hierdie wolke word soms hoë mis of  miswolke genoem.  Alhoewel daar ligte reën kan voorkom, is daar nie regtig enige teken van meteorologiese aktiwiteit nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy