Suid-Afrikaanse Kollege

Die Suid-Afrikaanse Kollege (Eng.: South African College; Ndl.: Zuid-Afrikaansch Athenæum of Zuid-Afrikaansch College) was die eerste instelling in Suid-Afrika wat hoër onderwys gebied het. Dit is op 1 Oktober 1829 gestig en was die voorloper van die hoër- en laerskole SACS, wat van 1874 mettertyd tot 1900 (toe die kollege ook sy matriekklas aan die hoërskool afgestaan het) as afsonderlike instellings ontstaan het en nog tot 1926 as privaat skole regstreeks onder die Universiteit van Kaapstad se beheer was. Die kollege het op 2 April 1918 ophou bestaan (weliswaar net in naam) toe die lank gekoesterde ideaal van universiteitstatus bereik is en die amper 90 jaar oue kollege herdoop is tot die Universiteit van Kaapstad. Dié instelling het sedertdien amper 40-voudig gegroei van 600 studente in 1918 tot amper 24 000.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy