Sylyn

Die sylyn kan by sommige visse as 'n streep oor die liggaam waargeneem word, soos op hierdie Atlantiese kabeljou.
Die sylyn van 'n haai.

Die sylyn, laterale lyn of linea lateralis is 'n sensoriese sintuig by akwatiese diere (hoofsaaklik visse) waarmee bewegings en trillings in die omliggende water waargeneem kan word.

Die sylyn is oor die algemeen sigbaar as 'n smal lyn oor die lengte van die vis, vanaf die kieue tot aan die basis van die stert. Die meeste amfiebiese larwes en sommige volwasse amfibieë het ook 'n sensoriese sylyn.

Soms is gedeeltes van die sylyn gemodifiseer tot elektro-reseptore. Dit is organe waarmee elektriese impulse waargeneem kan word. Sommige gewerweldes, soos haaie kan moontlik die sylyn gebruik om magnetiese velde waar te neem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy