TESS

TESS
’n Kunstenaarsvoorstelling van TESS.
’n Kunstenaarsvoorstelling van TESS.
Operateur Nasa/MIT
Soort tuig Teleskoop/sterrewag
Gelanseer 18 April 2018
Halwe lengteas 240 000 km
Periode 13,7 dae
Lanseervuurpyl Falcon 9 Block 4 (B1045.1)
Duur van sending 2 jaar beplan
Verstreke: 6 jaar, 2 maande en 16 dae
Massa 362 kg
Grootte 3,7 × 1,2 × 1,5 m
Webtuiste tess.gsfc.nasa.gov
tess.mit.edu
Status Aktief

TESS, kort vir Transiting Exoplanet Survey Satellite, is ’n ruimteteleskoop van Nasa wat ontwerp is om eksoplanete met die oorgangsmetode op te spoor in ’n gebied 400 keer so groot as die een wat deur die Kepler-sending gedek is.[1] Dit is op 18 April 2018 met ’n Falcon 9-vuurpyl lanseer.[2][3]

Tydens sy primêre sending van twee jaar sal die teleskoop na verwagting meer as 20 000 eksoplanete ontdek in vergelyking met die 3 800 eksoplanete wat met sy lansering bekend was.[4] TESS se eerste foto is op 7 Augustus 2018 geneem en op 17 September uitgereik.[5][6][7]

TESS se eerste foto.

Die doelwit van TESS se primêre sending is om oor twee jaar ’n opname te maak van eksoplanete om die helderste sterre naby die Aarde. Die TESS-satelliet gebruik ’n verskeidenheid wyeveldkameras om ’n opname van 85% van die lug te maak. Dit is met TESS moontlik om die massa, grootte, digtheid en wentelbaan van klein planete te bestudeer, insluitende rotsplanete in die bewoonbare sone van hul sterre. TESS sal teikens verskaf vir verdere waarneming deur die James Webb-ruimteteleskoop sowel as groot grond- en ruimtegebaseerde teleskope van die toekoms. Terwyl in vorige lugopnames deur grondgebaseerde teleskope hoofsaaklik reuse-eksoplanete opgespoor is, sal TESS talle klein planete om die naaste sterre kan opspoor. TESS teken die naaste en helderste hoofreekssterre met planete aan wat die beste sal wees om in groter besonderhede te bestudeer.[8]

TESS gebruik ’n nuwe, hoogs elliptiese wentelbaan om die Aarde met ’n apogeum van omtrent die afstand van die Maan en ’n perigeum van 108 000 km. Dit wentel twee keer om die Aarde vir elke een keer van die Maan: dus in ’n 2:1-baanresonansie.[9] Die wentelbaan sal na verwagting sowat 10 jaar lank stabiel bly.

Die projek is onder leiding van die Massachusetts-instituut vir Tegnologie (MIT).

  1. "TESS: Transiting Exoplanet Survey Satellite" (PDF). NASA. Oktober 2014. FS-2014-1-120-GSFC. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Desember 2014. Besoek op 17 Desember 2014.
  2. Overbye, Dennis (26 Maart 2018). "Meet Tess, Seeker of Alien Worlds". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2020. Besoek op 26 Maart 2018.
  3. "Launch Schedule". Spaceflight Now (in Engels). 27 Februarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020. Besoek op 28 Februarie 2018.
  4. Schneider, J. "Interactive Extra-solar Planets Catalog". The Extrasolar Planets Encyclopedia (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2012. Besoek op 14 April 2018.
  5. Overbye, Dennis (20 September 2018). "NASA's TESS Starts Collecting Planets - The satellite, launched in April, has already identified at least 73 stars that may harbor exoplanets, most of them new to astronomers". NASA (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2019. Besoek op 23 September 2018.
  6. Kazmierczak, Jeanette; Garner, Rob (17 September 2018). "NASA's TESS Shares First Science Image in Hunt to Find New Worlds". Nasa (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2020. Besoek op 23 September 2018.
  7. Wiessinger, Scott; Lepsch, Aaron E.; Kazmierczak, Jeanette; Reddy, Francis; Boyd, Padi (17 September 2018). "NASA's TESS Releases First Science Image". NASA (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 23 September 2018.
  8. "NASA FY 2015 President's Budget Request Summary" (PDF). NASA. 10 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 April 2016. Besoek op 8 Januarie 2019.
  9. McGiffin, Daniel A.; Mathews, Michael; Cooley, Steven (1 Junie 2001). High Earth Orbit Design For Lunar-Assisted Medium Class Explorer Missions (in English). Greenbelt, MD: NASA Goddard Space Flight Center.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy