Tampere

Tampere
Tammerfors

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Finland Finland
 Landskap Pirkanmaa
 Provinsie Wes-Finland
 Koördinate 61°30′N 23°45′O / 61.500°N 23.750°O / 61.500; 23.750
 Gestig op 1 Oktober 1779
 Oppervlakte:  
 - Totaal 689,59 vk km[1]
 - waarvan land 524,93 vk km
 Hoogte bo seevlak 76 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2022) 249 009[2]
 - Bevolkingsdigtheid 361/vk km
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 5,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −5,2 / 17,3 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 582 mm
 Burgemeester Kalervo Kummola
 Amptelike webwerf www.tampere.fi

Tampere (Fins: [ˈtɑmpere], ; Sweeds: Tammerfors, [tɑmærˈforsː], ) is 'n nywerheidstad in die suidweste van Finland. Met 'n oppervlakte van 689,59 vierkante kilometer en 'n bevolking van 249 009 in 2022 is dit die derde grootste stad in dié land ná Helsinki en Espoo (Esbo), die grootste stad in die provinsie Wes-Finland asook die grootste stedelike sentrum in die Nordiese lande wat in die binneland geleë is.

Dit is in 1779 deur 'n Sweedse koning gestig. Die stad lê in die binneland, omtrent 160 km noord van Helsinki. Tampere is al dikwels met Manchester in Engeland vergelyk. Sy nywerheidsgroei het vroeg in die 19de eeu begin toe 'n Skot met die naam John Finlayson 'n katoenspinfabriek daar opgerig het.

Deesdae is daar honderde fabrieke in Tampere. Omdat baie van hulle deur parke en tuine omring word, het Tampere die bynaam "die Nywerheidspark van Finland" gekry. Afgesien van weefstowwe, lewer die stad se fabrieke houtprodukte en sulke ongewone masjinerie soos sneeuploeë en ysbrekers.

  1. (fi) (sv) "Suomen pinta-ala kunnittain – Finlands areal kommunvis" (PDF). Nasionale Landopname van Finland. 1 Januarie 2018. Besoek op 13 Mei 2024.
  2. (en) "Municipal key figures by Region 2023 and Information". Statistiek Finland. 2022. Besoek op 13 Mei 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy