Tau (deeltjie)

Tau
Die tau se plek in die Standaardmodel (onder leptone).
Die tau se plek in die Standaardmodel (onder leptone).
Samestelling Elementêre deeltjie
Statistiek Fermionies
Groep Leptone
Generasie Derde
Wisselwerking Swaartekrag, elektromagneties, swak
Simbool τ
Antideeltjie Antitau (τ+)
Ontdek Martin Lewis Perl et al. (1975)[1][2]
Massa 1 776,82±0,16 MeV/c2[3]
Gem. leeftyd 2,906(10)×10−13 s[3]
Verval in Sien kopie
Elektriese lading −1 e[3]
Kleurlading Geen
Spin 1/2 [3]
Swak isospin LH: -1/2, RH: 0
Swak hiperlading LH: -1, RH: -2
’n Feynman-diagram van die algemene moontlike vervalle van die tau deur die emissie van ’n W-boson.

Die tau (τ), ook bekend as die taulepton of tauon, is ’n elementêre deeltjie soortgelyk aan die elektron, met ’n negatiewe elektriese lading en ’n spin van 1/2. Nes die elektron, muon en die drie neutrino's is dit ’n lepton. Soos alle elementêre deeltjies het die tau ’n antideeltjie met ’n teenoorgestelde lading maar dieselfde massa en spin – dit word die antitau of positiewe tau genoem.

Tauleptone het ’n leeftyd van 2,9×10−13 s en ’n massa van 1 777,8 MeV/c2. Aangesien hul wisselwerkings baie soos dié van die elektron is, kan aan ’n tau gedink word as ’n swaarder elektron. Soos met ander gelaaide leptone die geval is, het die tau ’n ooreenstemmende tauneutrino.

  1. L. B. Okun (1980). Leptons and Quarks. V.I. Kisin (vert.). North-Holland Publishing. p. 103. ISBN 978-0444869241.
  2. Perl, M.L. (1975). "Evidence for Anomalous Lepton Production in e+e Annihilation". Physical Review Letters. 35 (22): 1489. Bibcode:1975PhRvL..35.1489P. doi:10.1103/PhysRevLett.35.1489.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 J. Beringer (Particle Data Group) (2012). "Review of Particle Physics: Leptons". Physical Review D. 86 (1): 581–651. Bibcode:2012PhRvD..86a0001B. doi:10.1103/PhysRevD.86.010001.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy