Tempel van Baalsamin

Tempel van Baalsamin
Land Vlag van Sirië Sirië
Streek Siriese Woestyn
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iv
Verwysing 23 (1980, 4de sessie)
Toestand Verwoes
Streek† Arabiese State
Beskrywing* Terrein van Palmyra
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Die Tempel van Baalsamin of Baal Sjamin was ’n antieke tempel in die antieke stad Palmyra, Sirië, wat gewy was aan die Kanaänitiese godheid Baalsamin. Die tempel se vroegste fases dateer van die laat 2de eeu v.C.[1] Dit is in 131 n.C. gebou, terwyl die altaar voor die gebou uit 115 n.C. dateer.[2] Met die kerstening van Palmyra in die 5de eeu is die tempel in ’n kerk omskep[3] en daarom was dit een van die bes bewaarde geboue op die terrein.[3] Switserse argeoloë het dit in 1954–'56 begin opgrawe. In 1980 is die hele antieke terrein tot ’n Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar.

Die tempel is in Augustus 2015 verwoes deur die ekstremistiese militante groep Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL) nadat hulle die terrein in Mei 2015 beset het.

  1. Trevor Bryce (2014). Ancient Syria: A Three Thousand Year History. p. 276.
  2. Stoneman, Richard (1994). Palmyra and Its Empire: Zenobia's Revolt Against Rome. University of Michigan Press. p. 65. ISBN 0-472-08315-5.
  3. 3,0 3,1 Diana Darke (2010). Syria. Bradt Travel Guides. p. 271. ISBN 1-84162-314-8.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy