The Lord of the Rings: The Fellowship of the Ring (rolprent)

The Lord of the Rings:
The Fellowship of the Ring
Regisseur Peter Jackson
Produksieleier Peter Jackson
Barrie M. Osborne
Tim Sanders
Fran Walsh
Draaiboek Roman:
J. R. R. Tolkien
Draaiboek:
Frances Walsh
Philippa Boyens
Peter Jackson
Met Elijah Wood
Viggo Mortensen
Ian McKellen
Sean Bean
Orlando Bloom
John Rhys-Davies
Cate Blanchett
Christopher Lee
en ander
Musiek deur Howard Shore
Kinematografie Andrew Lesnie
Redigeerder John Gilbert
Verspreider - VSA -
New Line Cinema
- Elders -
verskeie verspreiders
Uitgereik 19 Desember 2001
Speeltyd Oorspronklik:
178 min.
Verlengde weergawe:
208 min.
Land Nieu-Seeland / VSA
Taal Engels
Sindarin (Elf)
Begroting VS$ 93 miljoen
Bruto wins VS$ 870 761 744[1]
Opgevolg deur The Lord of the Rings: The Two Towers
Amptelike webtuiste
IMDb-profiel

The Lord of the Rings: The Fellowship of the Ring is 'n 2001-fantasierolprent deur die regisseur Peter Jackson. Dit is die eerste aflewering van die The Lord of the Rings-rolprenttrilogie en is gebaseer op die gelyknamige eerste volume van J. R. R. Tolkien se epiese letterkundige fantasie, The Lord of the Rings. Jackson het die projek in 1995 begin as 'n twee-delige verwerking van Tolkien se werk. Oor die volgende ses jaar het die projek uitgebrei tot drie rolprente wat oor 'n 15-maand periode in Nieu-Seeland verfilm is. Tussen aanhangers word die titel van die rolprent dikwels verkort tot "FotR".[2]

Die Donker Heer, Sauron, is op soek na die Een Ring, wat gebruik kan word om "Middle-earth" (Afrikaans: Middel-aarde) te verower. Die Ring het in die hande van die klein hobbit, Frodo Baalens, beland en hy moet dit vernietig om sodoende ook Sauron en sy magte te vernietig. Die lot van Middel-aarde is op die spel soos Frodo en sy agt kamerade die genootskap, of "fellowship" van die ring vorm. Hulle begin hul reis na Mount Doom in die land Mordor: dit is die enigste plek waar die Ring vernietig kan word.

Die rolprent is op 19 Desember 2001 uitgereik en het byval by beide kritici en rolprentgangers gevind. Dit was 'n lokettreffer en het wêreldwyd meer as $871 miljoen verdien: dit was die rolprent wat die tweede meeste verdien het in 2001 (na Harry Potter and the Philosopher's Stone). Tans is die rolprent 14de op die lys van rolprente wat wêreldwyd die meeste geld verdien het. Dit het vyf Bafta's gewen, waaronder ook Beste Rolprent en Beste Regisseur. In 2007 was The Fellowship of the Ring aangewys as nommer 50 op die American Film Institute se lys van 100 beste Amerikaanse rolprente.

  1. "The Lord of the Rings: The Fellowship of the Ring (2001)" (in Engels). Box Office Mojo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2019. Besoek op 5 Februarie 2009.
  2. "Abbreviations". elvish.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op 17 Augustus 2006.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy