Thomas Nagel

Thomas Nagel
Nagel in 1978
Gebore04 Julie 1937 (1937-07-04)
NasionaliteitAmerikaans
Alma materCornell-universiteit, Corpus Christi Kollege, Oxford, Harvard-universiteit
Eggenoot
  • Doris G. Blum (trou 1958; skei 1973)
  • Anne Hollander (trou 1979; afsterwe 2014)
Noemenswaardige werke
  • The Possibility of Altruism (1970), "What Is It Like to Be a Bat?" (1974), Mortal Questions (1979), The View from Nowhere (1986), Equality and Partiality (1991), The Last Word (1997), Mind and Cosmos (2012)
Toekennings
  • 1996 PEN/Diamonstein-Spielvogel Toekenning vir die kuns van die essay vir Other Minds (1995)
  • Rolf Schock-prys in Logika en Filosofie (2008)
WebwerfFaculty webpage (Dept of Philosophy)
Faculty webpage (School of Law)

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Thomas Nagel (Engelse uitspraak: ˈ|n|ei|g|əl; gebore 4 Julie 1937) is 'n Amerikaanse filosoof. Hy is Emeritus Professor van Filosofie en Regte aan die New York-universiteit,[1] waar hy vanaf 1980 tot 2016 klas gegee het.[2] Sy hoofareas van filosofiese belangstelling is regsfilosofie, politieke filosofie en etiek.[3]

Nagel is bekend om sy kritiek van materiaal reduksionistiese oogpunte betreffende die verstand en bewustheid, veral in sy essay "What Is It Like to Be a Bat?" (1974) asook sy bydrae tot deontologiese en liberaal-morele politieke teorie in The Possibility of Altruism (1970) en gevolglike skrywes. Hy het voortgegaan met kritiek op reduksionisme in sy Mind and Cosmos (2012), waarin hy teen die neo-Darwiniaanse oogpunt betreffende die opkoms van bewustheid argumenteer.

  1. "Thomas Nagel". as.nyu.edu (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 19 Augustus 2019.
  2. Thomas Nagel, Biography, NYU School of Law, Besoek op 7 Maart 2017
  3. "Thomas Nagel – Overview | NYU School of Law". its.law.nyu.edu. Besoek op 19 Augustus 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy