Thomas Young

Thomas Young

Thomas Young FRS (13 Junie 177310 Mei 1829) was 'n Britse veelweter wat noemenswaardige bydraes gelewer het tot die velde van visie, lig, soliede meganika, energie, fisiologie, taal, musikale harmonie en Egiptologie. Hy was instrumenteel in die ontsyfering van Egiptiese hiërogliewe, spesifiek die Rosettasteen.

Young is beskryf as "Die laaste man wat alles geweet het".[1] Sy werk het dié van William Herschel, Hermann von Helmholtz, James Clerk Maxwell en Albert Einstein beïnvloed. Young word gekrediteer met die vestiging van die golfteorie van lig, in teenstelling met die partikelteorie van Isaac Newton. Young se werk is daarna ondersteun deur die werk van Augustin-Jean Fresnel.

  1. Robinson, Andrew (2007). The Last Man Who Knew Everything: Thomas Young, the Anonymous Genius who Proved Newton Wrong and Deciphered the Rosetta Stone, among Other Surprising Feats. Penguin. ISBN 978-0-13-134304-7.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy