Tien Gebooie

Moses met die Tien Gebooie, skildery deur Rembrandt van Rijn, 1659
Moses met die Tien Gebooie, skildery deur Jusepe de Ribera, 1638
Hebreeuse perkament met die Tien Gebooie daarop, Amsterdam, 1768

Die Tien Gebooie of Tien Woorde (Hebreeus: עשרת הדיברות, Aseret ha'Dibrot), ook Dekaloog (Grieks: δεκάλογος, dekálogos), is 'n lys godsdienstige en morele verpligtinge, wat volgens die Bybel deur God aan Moses gegee is op die berg Sinai (Eksodus 19:23[1]) of Horeb (Dewerim/Deuteronomium 5:2[2]). Die Joodse fees Sjavuot herdenk die ontvangs van die Tien Woorde deur Moses op die berg Sinai.

  1. (af) "Eksodus 19,23". Bybel: Eksodus. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 14 Desember 2022. Moses het die Here geantwoord: "Die volk kan nie Sinaiberg bestyg nie, want U self het ons gewaarsku om 'n grens rondom die berg vas te stel en daarvan af weg te bly."
  2. (af) "Deuteronomium 5,2". Bybel: Deuteronomium. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 14 Desember 2022. Die Here ons God het by Horeb 'n verbond met ons gesluit.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy