Tifariti

Tifariti

تيفاريتي
Tifariti in 2005
Tifariti in 2005
Amptelike seël van Tifariti
Seël
Tifariti is in Wes-Sahara
Tifariti
Tifariti
Koördinate: 26°9′29″N 10°34′1″W / 26.15806°N 10.56694°W / 26.15806; -10.56694
Omstrede gebiedWes-Sahara
Opgeëis deurVlag van Marokko Marokko
Vlag van Arabiese Demokratiese Republiek Sahara Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Gekontroleer deurVlag van Arabiese Demokratiese Republiek Sahara Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Regering
 • TipeMunisipaliteit
 • BurgemeesterMohammed Salem Dayah[1]
Hoogte
490 m (1 610 ft)
Bevolking
 • Totaal3 000
TydsoneUTC±00:00 (GMT)

Tifariti (Arabies: تيفاريتي; Berbers: Tifariti) is 'n oasestad in die noordooste van die omstrede gebied Wes-Sahara en dien as de facto hoofstad van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara, terwyl hulle Laâyoune as de jure hoofstad opeis. Laasgenoemde is in die deur Marokko besette gebied geleë. Dit is sowat 15 km (9 myl) noord van die Mauritaanse grens geleë. Die meerderheid van die bevolking bestaan uit Sahrawis.

Dit is deel van wat die Polisario Front die bevryde gebied noem en Marokko die buffersone noem. In 2010 is die bevolking van Tifariti geskat op ongeveer 3 000 mense.Die regeringskwartier van Tifariti huisves die parlement van Arabiese Demokratiese Republiek Sahara, 'n hospitaal, 'n skool, 'n moskee en 'n museum. Dit is die hoofkwartier van die 2de militêre streek van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara.

  1. "Minister of Defense receives Ross in liberated Tifariti" (in Engels). Sahara Press Service. 11 Maart 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 11 Maart 2012.
  2. "Allocating seats for the liberated territories in Parliament will be considered in the next election (Official)" (in Engels). Sahara Press Service. 20 Februarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2016. Besoek op 7 Februarie 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy