Toetankamen

Toetankamen
Toetankaten, Nebcheperoere
Farao van die 18de Dinastie
Periode Omstreeks 1333-1323 v.C.
Voorganger Smenchkare
Opvolger Ai
Vader Achenaten
Moeder "Die Jonger Dame"
Gade(s) Anchesenamen
Gebore Omstreeks 1341 v.C.
Oorlede Omstreeks 1323 v.C. (op sowat 18)
Toetankamen in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
G5
E1
D40
t
t
wF31st
w
Z3
Nebty-naam
G16
nfrO34
p
wM40Z3sW11
r
V28D36
N17
N17
N21
N21
Goue Horus-naam
G8
U39N28
THREE
O34
R4
t p
R8A
Praenomen of troonnaam
M23
t
L2
t
raxprZ3nb
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
imn
n
t
t
wanxS38O28M26
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Toetankamen (Engels: Tutankhamun of Tutankhamen; antieke Egipties: twt-ꜥnḫ-jmn, Toet-Anch-Amen; omstreeks 1341 v.C. tot 1323 v.C.) was ’n Egiptiese farao van die 18de Dinastie tydens ’n tydperk wat bekend is as die Nuwe Ryk. Daar word soms na hom verwys as "koning Toet". Hy het die troon bestyg toe hy sowat nege jaar oud was en het regeer tot met sy dood op sowat 19.

Toetankamen is histories daarvoor bekend dat hy die oorspronklike politeïstiese antieke Egiptiese godsdiens in ere herstel het ná die onderdrukking daarvan deur sy pa, Achenaten, ten gunste van die god Aten. Hy was ook een van die min farao's wat gedurende sy lewe as 'n god aanbid is: Dit is met die meeste konings nadoods gedoen.[1] In populêre kultuur is hy bekend vir sy enorme rykdom, wat in 1922 in sy graf gevind is. Graftombe KV62 is die enigste een wat tot dusver in 'n feitlik ongeskonde toestand ontdek is.[2] Die ontdekking van sy graftombe word algemeen beskou as een van die grootste argeologiese ontdekkings van alle tye.[3][4]

Sy oorspronklike naam, Toetankaten, beteken "Lewende Beeld van Aten", terwyl Toetankamen beteken "Lewende Beeld van Amen". In hiërogliewe is laasgenoemde gewoonlik geskryf as Amen-toet-ank vanweë die gebruik om die naam van ’n god aan die begin van ’n frase te skryf om respek te betoon.[5] Hy is moontlik ook die Nebcheperoere van die Amarna-briewe, en dalk ook die 18de-dinastiese koning Rathotis wat volgens Manetho, ’n antieke historikus, nege jaar lank regeer het.[6]

Die ontdekking in 1922 van Toetankamen se feitlik ongeskonde graf deur Howard Carter en George Herbert[7][8] het wêreldwyd die nuus gehaal. Dit het ’n nuwe belangstelling tot gevolg gehad in antieke Egipte, waarvan Toetankamen se doodsmasker, nou in die Kaïro-museum, steeds ’n gewilde simbool is.

In Februarie 2010 het die uitslag van DNS-toetse bevestig hy is die seun van Achenaten (mummie KV55) en dié se suster en vrou, wie se naam onbekend is maar wie se oorskot positief uitgeken is as "Die Jonger Dame" wat in graf KV35 ontdek is.[9] Die "geheimsinnige" dood van ’n paar mense wat Toetankamen se graf opgegrawe het, is deur baie toegeskryf aan die vloek van die farao's.[10]

  1. Redford 2003, p. 85.
  2. Tyldesley, Joyce. Tutankhamen: The Search for an Egyptian King. Basic Books, 2012.
  3. Skelly, Susan; University, Macquarie. "Why Tutankhamun's tomb remains one of the greatest archaeological discoveries ever made". phys.org (in Engels). Besoek op 15 Februarie 2023.
  4. "Six archaeological discoveries to rival Tutankhamun's tomb". New Scientist (in Engels (VSA)). Besoek op 15 Februarie 2023.
  5. Zauzich, Karl-Theodor (1992). Hieroglyphs Without Mystery. Austin: University of Texas Press. pp. 30–31. ISBN 978-0-292-79804-5.
  6. "Manetho's King List" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2009. Besoek op 24 Julie 2014.
  7. "The Egyptian Exhibition at Highclere Castle" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 21 Oktober 2013.
  8. Hawass, Zahi A. The golden age of Tutankhamun: divine might and splendor in the New Kingdom. American Univ in Cairo Press, 2004.
  9. Hawass, Zahi; et al. (17 Februarie 2010). "Ancestry and Pathology in King Tutankhamun's Family". The Journal of the American Medical Association. 303 (7): 638–647. doi:10.1001/jama.2010.121. PMID 20159872. Besoek op 21 Oktober 2013.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  10. "Digging up trouble: beware the curse of King Tutankhamun". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy