Toetskrieket

'n Toetswedstryd tussen die Proteas en Engeland in Januarie 2005. Die mans in swart broeke is die skeidsregters. Krieket word tradisioneel in wit klere en met 'n rooi bal gespeel.
Dag 1 van Bangladesj en Indië se eerste Dag/aandtoetswedstryd op Eden Gardens in 2019

Toetskrieket (Engels: Test cricket) is die krieket se langste formaat en word as dié spel se hoogste vlak beskou.[1][2] Dit word gesien as die beste manier om die vernuf van toetsspelende lande te toets. Afgesien die gewildheid van die korter krieketformate (Internasionale eendagwedstryd en Twintig20) onder toeskouers, het toetskrieket nog steeds die hoogste aansien. Die naam "Toets" kom waarskynlik van die idee dat wedstryde "'n toets van sterkte en bevoegdheid" van die betrokke spanne is.[3] Twee spanne van elf spelers elk speel 'n wedstryd oor vier beurte, wat tot vyf dae sal kan duur (of selfs langer in historiese gevalle). Dit word algemeen as die mees volledige ondersoek ("toets") van 'n span se uithouvermoë en vaardighede beskou.[4][5][2]

Die woord "toets" was die eerste gebruik tussen die besoekende Engelse span teen die Australiërs in 1861/62. Die eerste amptelike toets is vanaf 15 tot 19 Maart 1877 tussen Engeland en Australië op die Melbourne-krieketveld gespeel; Australië het met 45 lopies gewen.[6] Engeland het die tweede toets gewen met vier paaltjies om sodoende die reeks een-elk te deel; enkele jare later sou hulle om die As begin meeding. In Oktober 2012 het die IKR die speelomstandighede vir toetswedstryde hersien en sodoende dag/nag-toetswedstryde toegelaat.[7] Die eerste dag/nag-toetswedstryd is van 27 November tot 1 Desember 2015 tussen Australië en Nieu-Seeland op die Adelaide-ovaal, Adelaide, gespeel.[8] Sedert 2019 word daar ook die Wêreldtoetskampioenskap beslis. Die mees onlangse Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 is deur Australië gewen.

  1. (en) David Bond (29 Julie 2013). "Test cricket: Does the oldest form of the game have a future?". BBC. Besoek op 16 Junie 2023.
  2. 2,0 2,1 (en) "Adam Gilchrist's Cowdrey Lecture, 2009". ESPNcricInfo. 24 Junie 2009. Besoek op 16 Junie 2023.
  3. (en) Rundell, Michael (2006). Dictionary of Cricket. Londen: A&C Black Publishers Ltd. p. 336. ISBN 978-0-7136-7915-1. Besoek op 16 Junie 2023.
  4. (en) Scyld Berry (9 Julie 2009). "The Ashes: Lifeless pitches should not be accepted". The Daily Telegraph. Besoek op 16 Junie 2023.
  5. (en) "Knight's return to proving ground". The Independent. Besoek op 1 Augustus 2009. [dooie skakel]
  6. (en) "Australia v England 1st Test 1876/1877". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
  7. (en) "ICC paves way for Day-Night Tests". Wisden India. 29 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2015. Besoek op 30 Junie 2015.
  8. (en) "First day-night Test for Adelaide Oval". ESPNCricinfo. 30 Junie 2015. Besoek op 16 Junie 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy