Tweede Liga (Nederland)

Tweede Liga
2023–24 Tweede Liga
Sportsoort Sokker
Gestig 1956
Eienaar KNVB
Inwydingseisoen 1956
Deelnemende lande Vlag van Nederland Nederland
Aantal spanne 18
Mees onlangse kampioen VV Katwijk (2023–24)
Verwante kompetisies Eredivisie
Eerste Liga
Derde Liga
Hoofdklasse
Eerste klasse

Die Tweede Liga is op twee na die hoogste sokkerkompetisie in Nederland wat deur die KNVB georganiseer word. Dit is die laagste liga waar (semi-)betaalde sokker gespeel word. Die wenner van die Tweede Liga word elke jaar na die Eerste Liga bevorder. Die klubs wat as 17de en 18de eindig, sal na die Derde Liga relegeer.

Die kompetisie het bestaan tussen 1956 en 1971. Die Tweede Liga is opnuut opgerig in 2016. In 2020 en 2021 is as gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie geen kampioen gekroon nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy