Tydren

Petter Solberg jaag met 'n Subaru tydens die Cyprustydren van 2006

'n Tydren is 'n vorm van motorsport wat op openbare of privaatpaaie met gemodifiseerde produksiemotors of doelgeboude tydrenmotors gejaag word.

Hierdie motorsport word onderskei van baanrenne, deurdat daar in 'n punt-tot-punt formaat gery word. Die deelnemers, wat elk uit 'n motor met 'n bestuurder/jaer en 'n navigator bestaan, jaag tussen 'n vasgestelde stel kontrolepunte (sneldele), nadat elke deelnemer met gereelde tussenposes die beginpunt/punte verlaat het. Tydrenne kan effektief met spoed in sneldele gewen word; maar daar bestaan ook stiptheidsrenne, waar deelnemers poog om so ná as moontlik aan die ideale tyd by elke kontrolepunt aan te kom.

In moderne motorsport is 'n tydren 'n snelwedren op spesiale trajekte van geslote openbare paaie, met motors wat spesiaal daarvoor voorberei is. Die motor moet toegerus wees met 'n doelgeboude rolhok, 'n brandblusser, spesiale sitplekgordels en valhelms vir die insittendes, en so aan. Byna alle tydrenmotors word in 'n werkswinkel voorberei om so vinnig as moontlik te wees, hoewel binne sekere regulasies.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy