VSA-Ope (tennis)

Hierdie artikel handel oor die tennistoernooi in Amerika. Vir die gholftoernooi, sien VSA-Ope (gholf).
Die Arthur Ashe-stadion se hoofbaan.
Die Arthur Ashe-stadion.
Newport Casino Tennisbaan.

Die VSA-Ope (Engels: US Open) is 'n groot tenniskampioenskap wat jaarliks teen die einde van Augustus in New York, Verenigde State, gehou word. Dit is die laaste Grand Slam-toernooi van die jaarlikse tenniskalender. Dit word gewoonlik oor 'n periode van twee weke gespeel met die eindstryd wat net voor die middel van September plaasvind.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy