Vars water

Vars water, ook soet water genoem, is in teenstelling met soutwater in beperkte mate op die aarde beskikbaar, vandaar toenemende internasionale, nasionale en ook plaaslike voorskrifte en ander bestuursmaatreëls om die gebruik daarvan te beheer. So het Suid-Afrika in die onlangse jare sy Waterwet (No. 36 van 1998) omvattend hersien.

Die feit is dat dié skaars bestaansmiddel in die kern van dier en plant se bestaan is: met slegs sowat 0,75% van die aarde se totale watervoorraad as vars water beskikbaar – sowat driekwart van die 3% van vars water is in gletsers en ander ys opgeneem – vergelyk dit swak met die 97% wat seewater van die totaal uitmaak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy