Vaslav Nijinsky

Vaslav Nijinsky
Nijinsky as godheid Vayou in die ballet Le Talisman (1909)
Agtergrondinligting
GeboortenaamWacław Niżyński
Gebore12 Maart 1889 of 1890
Kiëf, Russiese Ryk
Sterf8 April 1950
Londen, Verenigde Koninkryk
GenresKlassieke ballet
Beroep(e)Balletdanser
Jare aktief1908–1916
AssosiasiesBallets Russes

Vaslav Nijinsky (Russies: Вацлав Фомич Нижинский, Afrikaanse transliterasie: Watslaf Fomitsj Nizjinski; Pools: Wacław Niżyński; 12 Maart 18908 April 1950) was 'n balletdanser en choreograaf van Poolse afkoms. Nijinsky was een van die mees begaafde manlike dansers ooit en het bekend geword vir sy veelsydigheid en vir die diepte en intensiteit van sy karakteriserings. Hy kon en pointe (op die punte van sy tone) dans, 'n seldsame vermoë onder manlike dansers in daardie tyd, en sy oënskynlik onmoontlike spronge was legendaries.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy