Veelvuldige sklerose

Veelvuldige sklerose (encefalomyelitis disseminata)
Klassifikasie en eksterne bronne
CD68-gevlekte weefsel toon verskeie makrofage in die area van 'n letsel wat deur VS veroorsaak word
CD68-gevlekte weefsel toon verskeie makrofage in die area van 'n letsel wat deur VS veroorsaak word
ICD-10 G35
ICD-9 340.00
eMedicine neuro/
Mediese waarskuwing

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Veelvuldige sklerose (VS) (ook soms bekend as verspreide sklerose) (Latyns: encefalomyelitis disseminata) is 'n siekte waarin die isolerende bedekkings van senuweeselle in die brein en rugmurg beskadig word.[1] Hierdie skade ontwrig die vermoë van dele van die senuweestelsel om seine oor te dra en lei tot 'n verskeidenheid simptome, insluitend fisieke, geestelike en soms psigiatriese probleme.[2][3][4] Spesifieke simptome kan dubbelsig, blindheid in een oog[5], spierswakheid en probleme met sensasie of koördinasie insluit.[1] VS neem verskillende vorme aan, met nuwe simptome wat óf in geïsoleerde aanvalle (terugvalvorms) voorkom of met verloop van tyd opbou (progressiewe vorme).[6] Tussen aanvalle kan simptome heeltemal verdwyn; permanente neurologiese probleme bly egter dikwels, veral in meer gevorderde stadiums van die siekte.[6]

Veelvuldige sklerose is die mees algemene immuun-bemiddelde versteuring wat die sentrale senuweestelsel beïnvloed.[7] In 2015 is ongeveer 2,3 miljoen mense wêreldwyd geraak.[8][9] Die siekte begin gewoonlik tussen die ouderdomme van 20 en 50 en is twee keer so gereeld by vroue as by mans.[10]

Veelvuldige sklerose was vir die eerste keer in 1868 deur die Franse neuroloog Jean-Martin Charcot beskryf. Die naam veelvuldige sklerose verwys na die talle letsels (wat "gliale littekens" genoem word) wat op die witstof van die brein en rugmurg ontwikkel.[11]

Alhoewel die oorsaak onduidelik is, word die onderliggende meganisme beskou as vernietiging deur die immuunstelsel of die mislukking van die miëlienproduserende selle.[12] Voorgestelde oorsake hiervoor is genetika en omgewingsfaktore soos veroorsaak deur 'n virusinfeksie.[3][13] VS word gewoonlik gediagnoseer op grond van die huidige tekens en simptome en die resultate van ondersteunende mediese toetse.[14]

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NIH2015
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named pmid18970977
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named pmid11955556
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Murray
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named pmid361797577
  6. 6,0 6,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named pmid8780061
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named pmid24746689
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named GBD2015Pre
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Atlas2008
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Milo2010
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Charcot1
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Nak2012
  13. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named pmid17444504
  14. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Tsang2011

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy