Versnelling

Die versnelling van 'n liggaam verwys na die tempo waarteen die snelheid van die liggaam verander. Dikwels word versnelling gebruik om te verwys na 'n toename in snelheid, terwyl vaartvermindering verwys na 'n afname in snelheid.

Om versnelling/vaartvermindering te veroorsaak moet daar 'n resultante krag op die liggaam uitgeoefen word. Met ander woorde, indien 'n liggaam teen 'n konstante snelheid beweeg in 'n wrywinglose omgewing moet 'n krag op die liggaam uitgeoefen word in dieselfde rigting as beweging om 'n verhoging in snelheid te veroorsaak. Netso, moet 'n krag in die teenoorstelde rigting van beweging uitgeoefen word om 'n vaartvermindering te veroorsaak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy