Victoria-eiland

Victoria-eiland
Inheemse naam: Victoria Island
Kitlineq
Nasa-Satellietbeeld van die Victoria-eiland
Nasa-Satellietbeeld van die Victoria-eiland
Geografie

Ligging Noord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate 71°N 110°W / 71°N 110°W / 71; -110
Argipel Kanadese Arktiese Argipel

Oppervlakte 217 291 vk km

 655 m

Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebiede Nunavut
Noordwestelike gebiede

Grootste stad Cambridge Bay (1 477)

Demografie
Bevolking 1 875

Bevolkingsgroepe Inuïete
Die wêreld se agste grootste eiland en die tweede grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel
Ligging van die Victoria-eiland
Kaart van die Victoria-eiland

Victoria-eiland (Engels: Victoria Island, Inuktitut: Kitlineq), die wêreld se agste grootste eiland en die tweede grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel, beslaan 'n oppervlakte van 217 291 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die twee Kanadese gebiede Nunavut en die Noordwestelike gebiede. Victoria-eiland grens in die weste aan die Golf van Amundsen, in die noorde aan die Viscount-Melville-Sund, in die ooste aan die McClintock-Kanaal en die Victoria-straat, in die suide is die vasteland van Noord-Amerika geleë. Die eiland is genoem na die Britse koningin Victoria, wat vanaf 1867 tot 1901 ook die koningin van Kanada was.

Die westelike deel van die eiland behoort polities aan die Inuvik-streek van die Noordwestelike Gebiede, terwyl die oostelike deel, en dus ongeveer twee derdes van die gebied, onder die Kitikmeot-streek van die Gebied Nunavut val.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy