Bynaam | Driekleurvlag |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
Verhouding | 4:7 |
Goedgekeur | 29 Julie 1980[1] |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in groen, wit en rooi met die Irannese embleem in rooi op die middelste wit baan. Die takbir (“الله اکبر”) verskyn 22 keer op die binnerande van die groen en rooi bane. |
Die nasionale vlag van Iran is op 29 Julie 1980 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in groen, wit en rooi met die Irannese embleem in rooi op die middelste wit baan. Die takbir ((ar) “الله اکبر”, (af) “God is Groot”) verskyn 22 keer op die binnerande van die groen en rooi bane.