Voorspel

’n Toneel uit die Italiaanse rolprent Appassionata (1974) van Gianluigi Calderone.

Voorspel is ’n stel emosioneel en fisiek intieme dade tussen twee of meer mense met die doel om seksuele prikkeling en begeerte vir seks te skep.[1] Hoewel voorspel gewoonlik beskou word as ’n fisieke, seksuele aktiwiteit, kan niefisieke aktiwiteite soos geestes- of verbale speletjies in sommige gevalle ook voorspel uitmaak. Voorspel beteken verskillende dinge vir verskillende mense.[1]

  1. 1,0 1,1 Lehmiller, Justin J. The psychology of human sexuality (2de uitg.). Hoboken, NJ. ISBN 9781119164708. OCLC 992580729.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy