Voyager 1

Voyager 1

Voyager 1 is 'n onbemande ruimtetuig wat op 5 September 1977 kort ná Voyager 2 vanaf Kaap Canaveral deur middel van 'n Titan III-vuurpyl gelanseer is. Ná die beëindiging van sy oorspronklike sending in die tagtigerjare het die tuig die uithoeke van die Sonnestelsel bestudeer. Op ’n afstand van 125 AE van die Son af (in Augustus 2013)[1] is dit die verste mensgemaakte voorwerp van die Aarde af.

Op 12 September 2013 het Nasa aangekondig dat Voyager 1 die instellêre ruimte op 25 Augustus 2012 betree het – dit is die eerste mensgemaakte voorwerp wat die Sonnestelsel verlaat.[2][3][4][5][6][7] Die ruimtetuig van 722 kg kan steeds sekere instruksies van die Aarde af ontvang en kan ook inligting terugstuur.

  1. Voyager 1, Where are the Voyagers – NASA Voyager 1
  2. Cook, Jia-Rui C.; Agle, D. C.; Brown, Dwayne (12 September 2013). "NASA Spacecraft Embarks on Historic Journey Into Interstellar Space". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 12 September 2013.
  3. Barnes, Brooks (12 September 2013). "In a Breathtaking First, NASA Craft Exits the Solar System". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2020. Besoek op 12 September 2013.
  4. Morin, Monte (12 September 2013). "NASA confirms Voyager 1 has left the solar system". Los Angeles Times.
  5. "Voyager 1 has entered a new region of space, sudden changes in cosmic rays indicate" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2013. Besoek op 20 Maart 2013.
  6. "Report: Humanity Leaves the Solar System — Or Maybe Not" (in Engels). Time News Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2020. Besoek op 20 Maart 2013.
  7. "Report: NASA Voyager Status Update on Voyager 1 Location" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2019. Besoek op 20 Maart 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy