Voyager 2

Voyager 2

Gelanseer deur Nasa
Tipe sending Verbyvlug
Datum 1977-08-20
Duur van sending 35 jaar+
Jupiter-verbyvlug
(voltooi 1979-08-05)
Saturnus-verbyvlug
(voltooi 1981-09-25)
Uranus-verbyvlug
(voltooi 1986-02-25)
Neptunus-verbyvlug
(voltooi 1989-10-02)
Webtuiste Nasa-Voyager-webtuiste
Massa 721,9 kg
Krag 420 W
Bronne [1]

Voyager 2 is ’n ruimtetuig van 722 kg wat op 20 Augustus 1977 deur Nasa gelanseer is om die buitenste sonnestelsel en eindelik die ruimte tussen die sterre te bestudeer. Ná amper 35 jaar ontvang die tuig steeds roetinebevele en stuur data terug na Nasa se diepruimtenetwerk.

Dit is saam met sy sustertuig, Voyager 1, deel van die Voyager-program en is tans op ’n uitgebreide sending om die grense van die sonnestelsel te vind en bestudeer, onder meer die Kuiper-gordel, die heliosfeer en die ruimte tussen die sterre. Die primêre sending het op 31 Desember 1989 geëindig nadat dit die Jupiter-stelsel in 1979 verken het, die Saturnus-stelsel in 1981, die Uranus-stelsel in 1986 en die Neptunus-stelsel in 1989. Dit was die eerste ruimtetuig wat gedetailleerde inligting verskaf het van die buitenste gasplanete.

  1. "Voyager:Mission Information" (in Engels). Nasa. 1989. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op 2 Januarie 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy