Wakanda

Wakanda (amptelik die Koninkryk Wakanda) is 'n fiktiewe land in Amerikaanse strokiesverhale van Marvel Comics. Dit is geskep deur die skrywer-redakteur Stan Lee en die kunstenaar Jack Kirby, en verskyn die eerste keer in Fantastic Four #52 (Julie 1966).[1] Wakanda word uitgebeeld as 'n land in Oos-Afrika[2] of Afrika suid van die Sahara, en is die tuiste van die superheld Black Panther, die koning van Wakanda.

Wakanda het al in verskeie media-aanpassings verskyn, soos in die Marvel Cinematic Universe, waar dit uitgebeeld word as die tegnologies gevorderdste land op aarde.

  1. Cronin, Brian (19 September 2010). "A Year of Cool Comics – Day 262". Comic Book Resources. Besoek op 23 Oktober 2021.
  2. GEORGE GENE GUSTINES (22 Julie 2016). "Marvel's World of Wakanda Will Spotlight Women, on the Page and Behind It". NYT. Besoek op 26 Julie 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy