Walter Battiss

Walter Battiss
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Walter Whall Battiss
Geboorte 6 Januarie 1906
Somerset-Oos
Sterfte 20 Augustus 1982 (op 76)
Port Shepstone
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep Kunsskilder en skrywer
Huweliksmaat Grace Anderson
Webblad Walter Battiss
Die ou offisiersmenasie in Pauletstraat huisves die Walter Battiss-kunsmuseum, waar die grootste versameling van sy skilderye tentoongestel word.
Binnekant van die Walter Battiss-kunsmuseum.

Walter Battiss (1906–1982) was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en deskundige op die gebied van Boesmanskilderye. Hy word as een van Suid-Afrika se eerste en belangrikste abstrakte skilders beskou. Van sy werk kan in die Walter Battiss-kunsmuseum in Somerset-Oos besigtig word.

Battiss is sterk deur Afrikakuns beïnvloed, wat hy ook indringend bestudeer het. Sy kunswerke gee uitdrukking aan die krag en misterie van Afrika en die waardigheid van die Afrikamens. Hy is bekend as die skepper van die "Fook-eiland"-konsep, die eiland van die verbeelding, ’n utopiese samestelling van die eilande wat hy besoek het. Talle bekende Suid-Afrikaners was ereburgers van Battiss se Fook-eiland, met paspoorte en al.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy