Wasiljefski-eiland

59°56′24″N 30°15′36″O / 59.94°N 30.260°O / 59.94; 30.260

Wasiljefski-eiland
Inheemse naam: Васильевский остров
Die ligging van Wasiljefski-eiland (no. 1 op die kaart)
Die ligging van Wasiljefski-eiland (no. 1 op die kaart)
Geografie

Ligging Golf van Finland

Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Stad Sint Petersburg

Demografie
Bevolking 203 058 (in 2010)

Die Strelka, die uitham van Wasiljefski-eiland, met die ou Sint Petersburgse aandelebeurs.

Wasiljefski-eiland is ’n eiland in Sint Petersburg, Rusland, wat in die delta van die Newarivier lê tussen die riviere Groot-Newa in die suide en Klein-Newa in die noordooste. In die weste word dit begrens deur die Golf van Finland. Die eiland word van die Dekabristof-eiland geskei deur die Smolenka-rivier. Saam vorm hulle die Wasileostrofski-distrik, ’n administratiewe afdeling van Sint Petersburg.

Die eiland lê aan die oorkantste oewer van die rivier as die Winterpaleis en bevat ’n groot deel van die stad se geskiedenis. Twee van Sint Petersburg se bekendste brûe, Paleis- en Blagowesjtsjensk-brug, verbind dit met die vasteland in die suide. Beurs- en Toetsjkof-brug oor die Klein-Newa verbind dit met Petrogradski-eiland. Die eiland kan bereik word met die Wasileostrofskaja- en die Primorskaja-moltreinstasies. Daar is ook tremverbindings.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy