Waterdraer (sterreteken)

Waterdraer (Aquarius)
Die astrologiese simbool van die Waterdraer

Die Waterdraer (Lat: Aquarius) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 21 Januarie en 19 Februarie gebore is. Dit is die elfde teken van die Diereriem.

Die Waterdraer is een van die drie lugtekens en vier vaste tekens. Dis ’n manlike, positiewe, ekstroverte teken. Die tradisionele heerser van die Waterdraer is Saturnus, maar sedert die ontdekking van Uranus het dié planeet die rol oorgeneem.

Waterdraers kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander lugtekens, Weegskaal en Tweeling.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy