Wayde van Niekerk (gebore 15 Julie 1992) is ’n Suid-Afrikaanse naelloper wat in die 200 meter en 400 meter meeding. Sy persoonlike beste tye is onderskeidelik 19,84[1] sekondes en 43,03[2] sekondes. Hy is die Suid-Afrikaanse rekordhouer vir die 400 meter. Hy is die eerste atleet ooit wat die 100 meter onder 10 sekondes, 200 meter onder 20 sekondes en 400 meter onder 44 sekondes hardloop.[3]
Van Niekerk het die silwermedalje in die 400 meter by die 2014 Statebondspele gewen en ’n brons in die 4 x 400 meter-aflos tydens die 2013 Somer-Universiade. Hy het Suid-Afrika in 2013 en 2015 by die Wêreldatletiekkampioenskap verteenwoordig. In 2015 het hy die goue medalje in die 400 meter gewen. In 2016 wen hy die goue medalje tydens die Olimpiese Spele met 'n wêreldrekord van 43.03 sekondes in die 400 meter wedloop.