Werkdier

'n Span bulle sleep wol in Nieu-Suid-Wallis

'n Werkdier is 'n dier, gewoonlik mak, wat deur mense aangehou en opgelei word om bepaalde take uit te voer. Werkdiere kan troeteldiere wees of as werkers opgelei word om sekere gespesialiseerde werke te doen, byvoorbeeld as gidshonde, hulphonde, karweiperde of boswerkersolifante. Die meeste werkende diere is óf diens- of karweidiere. Party kan ook as melkdiere dien, of hulle kan as herdersdiere aangewend word. Sommige, aan die einde van hul werklewe, kan ook geslag word vir hul vleis of ander produkte soos leer.

Die geskiedenis van werkende diere kan ouer wees as die landbou self, met honde wat deur ons jagter-voorsate gebruik is. Regoor die wêreld werk miljoene diere in bepaalde verbintenisse met hul eienaars. Mak spesies word dikwels geteel vir verskillende gebruike en toestande, veral perde en werkende honde. Werkende diere word gewoonlik op plase geteel en grootgemaak, al word sommige steeds in die natuur gevang, soos dolfyne en sekere Asiatiese olifante.

Tradisionele boerdery-metodes maak gebruik van beeste

Mense het 'n wye verskeidenheid vermoëns van diere ontdek, en selfs geïndustrialiseerde samelewings gebruik baie diere vir werk. Mense gebruik die krag van perde, olifante en beeste om karre te trek te en beweeg. Wetstoepassing maak gebruik van die skerp reuksintuig van die honde om te soek vir dwelms en plofstof en ander groepe gebruik weer honde om vermiste en vasgekeerde mense te soek. Mense gebruik verskillende diere—van kamele, donkies, perde, honde, vir die vervoer, óf vir die ry of te trek van waens. Ander diere, insluitend honde en ape, help blinde of gestremde mense.

Baie af en toe word wilde diere nie net getem nie, maar dan ook opgelei om werke te verrig. Nie alle mak diere kan werk nie. Hoewel katte muise kan vang, is dit instinktiewe gedrag, en nie iets wat deur menslike ingryping aangeleer kon word nie. Ander mak diere, soos skape of sommige hase, kan in die landbou gebruik word vir hul vleis, velle en wol, maar is nie geskik vir werk nie. Ten slotte is klein troeteldiere, soos die meeste klein voëls (buiten sekere soorte duifsoorte), oor die algemeen nie in staat om werke te verrig nie, maar kan hulle slegs kameraadskap bied.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy