What Is It Like to Be a Bat?

Thomas Nagel argumenteer dat terwyl dit dalk moontlik mag wees vir 'n mens om hom of haar te verbeel hoe dit voel om 'n vlermuis te wees deur die "vlermuis se oogpunt" te neem, dit steeds onmoontlik sal wees "om te weet hoe dit voel vir 'n vlermuis om 'n vlermuis te wees". (Townsend se Groot-oor vlermuis word uitgebeeld).

What Is It Like to Be a Bat? ("Hoe voel dit om 'n vlermuis te wees?") is 'n referaat van die Amerikaanse filosoof Thomas Nagel wat aanvanklik in The Philosophical Review (Oktober 1974) en later in Nagel se Mortal Questions (1979) gepubliseer is. Die referaat stel verskeie probleme voor wat opduik as gevolg van bewussyn, insluitend die moontlike onoplosbaarheid van die gees-liggaam-probleem as gevolg van “feite buite die bereik van menslike begrippe”, die grense van objektiwiteit en reduksionisme, die “fenomenologiese kenmerke” van subjektiewe ervaring, die grense van menslike verbeelding, en wat dit beteken om 'n spesifieke, bewuste ding te wees.[1] Nagel konstateer (in Engels) dat "an organism has conscious mental states if and only if there is something that it is like to be that organism—something it is like for the organism." [2] Hierdie verklaring het 'n spesiale status in bewussynstudies behaal as die standaard 'hoe dit is' frase. [3] Alhoewel Daniel Dennett nie oor sommige beweringe saamstem nie, het hy Nagel se referaat erken as "die mees aangehaalde en invloedrykste denkeksperiment oor bewussyn."[4]:441 Peter Hacker ontleed die uitspraak van Nagel as nie net "verkeerd gekonstrueer" nie, maar filosofies "verkeerd bedink" as 'n definisie van bewussyn;[5] hy voer aan dat Nagel se referaat "die grondslag gelê het vir ... veertig jaar se nuwe verwarring oor bewussyn."[6]:13

  1. Nagel, Thomas (10 Maart 2005). Honderich, Ted (red.). The Oxford Companion to Philosophy. Oxford: Oxford University Press. p. 637. ISBN 978-0-19-103747-4.
  2. Nagel, Thomas (1974). [ What Is It Like to Be a Bat? op Google Boeke "What Is It Like to Be a Bat?"]. The Philosophical Review. 83 (4): 435–450. doi:10.2307/2183914. JSTOR 2183914. {{cite journal}}: Check |url= value (hulp)
  3. Levine, Joseph (2010). Review of Uriah Kriegel, Subjective Consciousness: A Self-Representational Theory. Notre Dame Philosophical Reviews 2010 (3).
  4. Dennett, Daniel C. (1991). Consciousness Explained. Boston: Little, Brown and Company.
  5. Hacker, P.M.S. (2002). "Is there anything it is like to be a bat?" (pdf). Philosophy. 77: 157–174. doi:10.1017/s0031819102000220.
  6. Hacker, P.M.S. (2012). "The Sad and Sorry History of Consciousness: being, among other things, a challenge to the "consciousness-studies community"" (pdf). Royal Institute of Philosophy. supplementary volume 70.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy